|
KindersAlle kinders in die sorg van die Durbanville Kinderhuis het 'n reg op privaatheid. Hul identiteite sal beskerm word in alle verslae en gevallestudies wat gepubliseer word op die Kinderhuis se webwerf en alle ander media wat deur die Kinderhuis gebruik word. Die werklike name van kinders word nooit in artikels gebruik nie, tensy toestemming van gekwalifiseerde partye verkry is en dit in die kind se belang is om sy of haar identiteit te publiseer. DonateursAlle persoonlike inligting en kontakbesonderhede van donateurs en vriende van die Durbanville Kinderhuis word as privaat en vertroulik hanteer. Inligting oor skenkings sal nie openbaar gemaak word sonder die uitdruklike goedkeuring van die donateurs nie. Inligting oor skenkings wat ontvang word, kan in befondsingsaansoeke verskaf word en indien die donateur graag publisiteit vir die skenking wil hê. Persoonlike inligting op ons databasis sal nooit aan enige party en om enige rede verkoop word nie. OuteursregAlle materiaal wat op die Durbanville Kinderhuis se webwerf gepubliseer word, inhoud én foto’s, bly die eiendom van die Durbanville Kinderhuis. |