skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Die begin

Wat vandag as die Durbanville Kinderhuis bekend staan, het sy oorsprong 127 jaar gelede, in 1883, as die Kinderzendinghuis in Kaapstad gehad. Hierdie tehuis het vir kinders gesorg wat onder meer weens pokke, griep en plae wees gelaat is.

Ongeveer 36 jaar later is nog 'n tak van die Kinderhuis gebou op 'n stuk grond wat in die Durbanville-omgewing, 25 km van Kaapstad, gekoop is. Vandag word die Kinderhuis slegs vanuit die Durbanville-tak bedryf, met twee satelliethuise daar naby in Kraaifontein.

Die Durbanville Kinderhuis sorg na meer as 'n eeu steeds vir kinders vanuit veelrassige agtergronde en met spesiale behoeftes, en verseker dat hulle behoorlik gevoed word en 'n veilige hawe het.

Een-en-twintig kinders het die geleentheid om in hul gebied van oorsprong, naby familie, vriende en hul skool te woon terwyl hulle in die Durbanville Kinderhuis se versorging by die twee Kraaifontein-satelliethuise bly. Die eerste huis in Joubertstraat 14 het in 2008 sy deure geopen, terwyl die tweede in 2009 in vennootskap met die bestuur van Shiloh Synergy in 8ste Laan 90 begin is. Beide hierdie satelliethuise blyk baie suksesvol te wees aangesien die kinders in kleiner eenhede in hul eie gemeenskappe kan woon. Die Durbanville Kinderhuis hoop om hierdie model in die nabye toekoms uit te brei.