|
Die Durbanville Kinderhuis bied die volgende dienste:
• Toelating en oriëntering van nuwe kinders;
• Professionele evaluering van kinders en hul gesinne;
• Bystand aan kinders met aanpassing by die lewe tuis;
• Voorsiening en handhawing van 'n veilige en higiëniese ruimte waar
die kinders welkom kan voel;
• Voorsiening van gebalanseerde maaltye, klere en persoonlike
benodigdhede;
• Voorsiening van basiese gesondheidsorg;
• Implementering en monitering van gestruktureerde daaglikse roetines
en reëls;
• Identifisering van geleenthede en aktiwiteite om elke kind se sterk
punte te ontwikkel deur deelname aan sport-, kulturele, geestelike en
lewensvaardigheidsontwikkelingsprogramme.
• Voorsiening van emosionele steun en terapie aan kinders;
• Stel kinders in kennis van verwagte gedrag en leer hulle die nodige
vaardighede om hul omstandighede en probleme die hoof te bied;
• Leer kinders hoe om klagtes en aanmeldbare voorvalle te hanteer;
• Stel kinders in staat om formele skool of dagsorg by te woon;
• Voorsiening van toesig en opleiding aan personeel en vrywilligers;
• Voorsiening van bewustheidsprogramme aan kinders;
• Ondersteun en berei kinders en hul gesinne vir vereniging voor;
• Berei skoolverlaters vir toetrede tot die arbeidsmark voor;
• Ontleed die behoeftes van die gemeenskap; en
• Stig netwerke met skole, maatskaplikewerk-agentskappe en ander hulpbronne.
* Hoop, respek en begrip is die drie hoeksteen-waardes waarop hierdie program gegrond is.