|
|
'n Droom word verwesenlik vir sewe avontuurliste mans en een dame om op ses motorfietse en twee in lugversorgde gerief oor die lengte van Afrika te toer. Die voorgestelde roete sal strek oor 15,000 km van die beste en slegste roetes in Afrika en sal twee maande neem om te voltooi. Hulle onderneem hierdeur nie net 'n epiese reis deur Afrika nie, maar wil ook 'n verskil maak in die lewens van kinders in nood deur hul betrokkenheid by die Durbanville Kinderhuis, en meer spesifiek by hul CHILLI (Care House for Individual Life Lesson Interventions)- eenheid. Een van die spanlede, Rob Reinecke, het hul betrokkenheid by die Kinderhuis as volg beskryf: "Cairo2Cape 2012 "Geen plek te ver, is trots om die wonderlike personeel en kinders van die Durbanville Kinderhuis en spesifiek hul C.H.I.L.L.I.–eenheid te ondersteun. Dit is belangrik om daarop te let dat 100% van die bydraes wat gemaak of beloof word deur die Kinderhuis ontvang word. Ons baat geensins by hierdie poging nie. Ons beloning is die klein bydrae wat ons optrede kan maak om 'n bewustheid asook fondse vir hierdie verdienstelike projek te skenk. Hul doelwit is om genoeg fondse in te samel om hierdie eenheid vir een boekjaar te ondersteun. Dit is gelykstaande aan meer as Meer oor die eenheid: Hierdie eenheid is geskep om te voorsien in die dringende behoefte van die Kinderhuis vir 'n veilige en spesiaal beveiligde plek waar kinders wat afhanklik is van dwelms, afwykende gedrag openbaar of wanaangepas is, in huisvesting geplaas kan word waar hulle terapeutiese ingryping sal kry. Voorheen was die enigste oplossing om hulle te verwys na jeugsorginstellings waar daar strenger veiligheid is. Hierdie eenheid by die Kinderhuis bied huisliker omstandighede waar kinders met problematiese gedrag en/of dwelmafhanlikheid gehelp kan word. Tans is daar 14 kinders in die eenheid vir terapeutiese ingryping. Dit kos R5 000 per maand om aan hierdie kinders die ondersteuning te bied wat hulle so desperaat nodig het.
|
