Visie
Die Durbanville Kinderhuis se visie is om God se liefde vir kinders en hul gesinne deur toegewyde en professionele ondersteuningsdienste te demonstreer, met die uiteindelike doel om hulle in 'n gesonde gesinsverhouding terug te plaas.
Missie
Die Durbanville Kinderhuis dien die belange van kinders en gesinne in nood deur:
• 'n Veilige en terapeutiese omgewing te skep;
• Volhoubare kontak met ouers en families te verseker;
• Van opgeleide personeel en toegewyde vrywilligers gebruik te
maak;
• Vennootskappe met die sakegemeenskap,gemeenskapsorganisasies
en regeringsdepartemente te sluit;
• Gesonde sakebeginsels in werking te stel ten einde gehaltediens te
verseker; en
• Al die tersaaklike beginsels van die Grondwet van Suid-Afrika toe
te pas.
• Die missie behels voorts voorsiening in die emosionele, psigo-
opvoedkundige en maatskaplike behoeftes van alle kinders,
gegrond op 'n fundamenteel Christelike etos.
Leuse
Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg.
|