skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Funksies en geleenthede
   

Durbanville Kinderhuis bied verskeie fondswerwingsgeleenthede en –funksies dwarsdeur die jaar aan om die broodnodige fondse vir die Kinderhuis in te samel en mense bewus te maak van die rol wat die Kinderhuis in die gemeenskap speel.

Die Kinderhuis is ’n gemeenskapsorganisasie sonder winsoogmerk en maak staat op die ruimhartigheid en ondersteuning van die gemeenskap en van sakeondernemings. Die Kinderhuis se voortgesette bestaan hang af van die bydraes en betrokkenheid van vrygewige individue en sakeondernemings wat omgee en wat bewus is van die Kinderhuis se behoeftes en ’n bydrae tot die versorging van die 144 kinders in die Kinderhuis lewer.
 

Durbanville Kinderhuis nooi jou vriendelik uit om die volgende geleenthede  by te woon:

28 Februarie 2012

Almal word hartlik uitgenooi na 'n Opedag by die Kinderhuis ten einde meer te wete te kom oor ons programme en hoe om betrokke te raak by die Kinderhuis.

Inligtingsessies vind plaas om 10:00 en 18:30.

Toegang gratis.

12 Mei 2012

Die jaarlikse Durbanville Kinderhuisbal word op 12 Mei 2012 by Westin Hotel, te Kaapstad aangebied. Dié feestelike aand is die ideale geleentheid om kliënte en vriende te onthaal met 'n luukse driegangmaaltyd, byderwetse vermaak en 'n lewendige orkes wat die voete laat jeuk.

Koste: R700 per persoon of R7 000 per tafel.

25 Augustus 2012

Die Drienasie Rugbywedstryd tussen die Springbokke en Argentina op 25 Augustus 2012 sal regstreeks op groot televisieskerms by Rhebokskloof-wynlandgoed uitgesaai. Johan Rademan, RSG-kommentator, gaan daar die wedstryd uitsaai en 'n bekende Springbokrugbyspeler sal ná die wedstryd kommentaar lewer.

Koste: R350 per persoon of R3 500 per tafel.

1 September 2012


Op 1 September bied Durbanville Kinderhuis sy jaarlikse Damesontbyt by Rhebokskloof-wynlandgoed aan. Soos gewoonlik kan die gaste uitsien na 'n heerlike ontbyt en uitstekende vermaak. Elke dame sal ook 'n geskenkpak kry en in aanmerking kom vir 'n gelukstrekking.

Koste: R200 per persoon.
 

13 September 2012


Ons sien uit na ons Algemene Jaarvergadering wat op 13 September in die Gemeenskapsaal van die Durbanville NG Kerk in Weyerslaan gehou sal word. Ons wil die geleentheid benut om ons ondersteuners oor al ons suksesse en uitdagings in te lig en hulle ook vir hul betrokkenheid en ondersteuning te bedank.

Toegang gratis.
 

20 Oktober 2012

Op 20 Oktober tree ons beskermvrou en bekende sopraan Zanne Stapelberg en Ean Smith by Nantes Wynlandgoed in die Paarl op. ’n Ligte ete sal ook by die geleentheid bedien word.

Toegang: R 180 per persoon
 

27 Oktober 2012

Ons Senior Tee word op 27 Oktober in die Gemeenskapsaal van die Durbanville NG Kerk in Weyerslaan aangebied. Ons nooi alle seniors hartlik uit na 'n optrede deur ons Kinderhuiskinders.

Toegang R30 per persoon.
 

27 November 2012

Alle sake-ondernemings en individue word hartlik uitgenooi na 'n opedag by die Kinderhuis ten einde meer te wete te kom oor ons programme en hoe om betrokke te raak by die Kinderhuis. Inligtingsessies vind plaas om 10:00 en 18:30.

Toegang gratis.
 

29 November 2012

Op 29 November kom die Durbanville Kinderhuis se jaarlikse Gholfdag aan die beurt by die Bellville Gholfklub. Fantastiese pryse kan gewen word en elke speler ontvang 'n geskenkpak.

Vierbal: R 2 800.00
 

1 Desember 2012

Die Kinderhuis Kerskonsert word op 1 Desember in die Bergsig NG Kerk-saal aangebied. Die bekende operasterre Zanne Stapelberg en Minette du Toit Pearce sal by die geleentheid Kersliedere sing.

Toegang: Donasies by die deur.
 
Vir verdere inligting oor enige van die funksies of geleenthede, skakel gerus vir Elsa Botha by 021-975 6822 of stuur ’n e-pos aan ebotha@durbanvillekinderhuis.org.za.