|
Kersfees 2010Projekbestuurder: Linda Kaffer Kersfees is 'n tyd vir deel en gee. Reik asseblief uit en maak 'n verskil in die lewe van een van die kinders by die Durbanville Kinderhuis. Of jy nou besluit om 'n klein bedraggie van R50 per maand te borg, 'n paar lekker bederfgoedjies te kom aflaai, of niebederfbare kos te skenk, jou bydrae is ongelooflik waardevol! Ons sê baie dankie vir die vertroue in ons Kinderhuis. Kliek asseblief op enigeen van die onderstaande skakels en vind uit presies hoe jy by die 2010-Kersfeesprojek betrokke kan raak: • Hoe kan ek betrokke raak? |
Skoolverlaters
Projekkoordineerder: Lita Franken
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: litafranken@durbanvillekinderhuis.org.za
Ongeveer tien kinders maak elke jaar klaar met skool en die Kinderhuis staan hulle by met die opstel van ’n CV, om ’n werk te kry en verder te studeer terwyl hulle met hul nuwe lewe begin en ’n tuiste vir hulself skep. Jy kan help deur hulle met huisvesting te help, geld of hulpbronne te skenk, met werkplasing te help, of vaardigheidsopleiding te verskaf.
Matriekafskeid
Projekkoordineerder: Lita Franken
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: litafranken@durbanvillekinderhuis.org.za
’n Hoogtepunt in enige kind se skoolloopbaan is sy matriekafskeid. Deur u hulp kan ons verseker dat ons kinders baie spesiaal voel.
Vaardigheidsontwikkeling
Projekkoordineerder: John Kampies
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: bestuur@durbanvillekinderhuis.org.za
Durbanville Kinderhuis moedig kinders aan om by sport- en kultuuraktiwiteite betrokke te raak. Kinders wat aan sport- en kultuuraktiwiteite deelneem en presteer skakel soveel makliker in by hulle onderskeie skole en hulle deelname help hulle om ’n beter selfbeeld te ontwikkel. U bydraes sal ons in staat stel om ons program uit te brei en vir talentvolle kinders die geleentheid gee om te presteer.
Ons benodig fondse vir:
Sokker
• Vervoer na en van oefeninge: 70 km x 2 p/w x 19 weke x R3.50 = R9 310
• Vervoer na en van wedstryde 14 x 70 km x R3.50 = R3 430
• Sokker toerusting R3 000
• Kospakkies R5 x 52 = R3 900
• Sokkerkamp R4 000
Totaal: R 24 000
Fietsry
• Truie R1 500
Totaal: R 1 500
Netbal
• Vervoer 70 km x 2 p/w x 19 weke = R4 655
• Toerusting R3 000
Totaal: R 7 655
Future Champions Sportdag
• Petrol R2 000
• Kospakkies R2 280
• Mediese uitgawes R300
• Tent R8 000
Totaal: R 12 580
Kultuuraktiwiteite
• Dromme 20 kinders x R 500 = R10 000
• Blokfluit 30 kinders x R10 = R300
• Ballet R1 500
• Drama R700
• Kitaar R500
• Hip Hop-danse R 1500
Totaal: R 14 500
Naweekprogram
• R100/week x 36 weke R3 600
Totaal: R 3 600
Vakansieprogram
• Aktiwiteite R500/week x 16 weke = R 8 000
• Eetgoed R225 per week x 16 weke = R 3 600
• Vervoer 1 000km x R 3.50 = R 3 500
Totaal: R 15 100