|
Die borg-'n-kind-projek bied 'n spesiale geleentheid aan diegene wat geroepe voel om by hierdie saak betrokke te raak. Wanneer 'n donateur hom of haar tot 'n volle of gedeeltelike borgskap vir 'n kind by die Durbanville Kinderhuis verbind, raak hy of sy 'n beskermengel van daardie spesifieke kind terwyl laasgenoemde in die Kinderhuis woon. Bydraes van R50 of meer is welkom, maar selfs 'n enkele betaling word waardeer.
Beskermengele ontvang nuusbriewe en gereelde terugvoering oor hul kinders se vordering. Persoonlike ontmoetings kan egter nie gereël word nie om die kind se gevoelens te beskerm.
Om 'n skenking te maak, kliek net op die skenk-knoppie aan die linker kant van die skerm. Spesifiseer asseblief dat dit vir borg-'n-kind bedoel is.
Skakel Soulvy Pretoors by (021) 975 6822 vir nog inligting. Dankie dat jy 'n beskermengel by die Durbanville Kinderhuis geraak het!