skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Bydrae in talent en tyd
 

Vrywilligers is die lewensbloed van die Durbanville Kinderhuis! Hulle speel 'n onmisbare rol in die inwerkingstelling van al die Kinderhuis se programme waardeur verseker word dat die kinders die beste moontlike versorging kry.

Vrywilligers werk onder personeeltoesig en is betrokke by programme soos:

•  Bestuur;
•  Administrasie;
•  Kinderversorging;
•  Logistiek; en
•  Terapie.

Gelukkig is alle poste op die bogenoemde terreine reeds vir 2010 gevul. Daar is egter steeds 'n dringende behoefte aan vrywilligers om met die volgende te help:

•  Huiswerk;
•  Sport en ontspanning; en
•  Vervoer.

As jy daarin belangstel om die Kinderhuis met enige van die bogenoemde te help, moet jy asseblief vanaf Januarie tot Oktober een verpligte inligtingsessie by die Durbanville Kinderhuis bywoon om 18:30 op die laaste Dinsdag van die maand. Aansoekvorms sal by die inligtingsessies beskikbaar wees en die keuringsproses sal na die invul van die vorm begin.

Indien jy gekeur word, sal die soort vrywillige werk wat aan jou toegewys word, deur jou vaardighede asook die behoeftes van die Kinderhuis bepaal word. Let asseblief daarop dat naweek- en vakansievrywilligers aan 'n tweede keuringsproses onderwerp word.

Kliek hier om 'n e-pos aan die Durbanville Kinderhuis te stuur indien jy enige verdere inligting verlang.