skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Finansiële beheer

Die Durbanville Kinderhuis is 'n geregistreerde plek van veiligheid vir kinders en 'n geregistreerde openbarevoordeel-organisasie – registrasienommer 930006348.

Die Durbanville Kinderhuis is 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk – registrasienommer 011-891.

Die Durbanville Kinderhuis is by die departement maatskaplike ontwikkeling geregistreer en aan regeringsbeleid en -beginsels onderworpe. Dit is ook 'n program van BADISA, 'n kerkgebaseerde, nieregering-welsynsorganisasie wat die Kinderhuis van beleid en riglyne asook professionele bystand voorsien. Die kinderhuis word jaarliks aan 'n eksterne audit onderworpe. Streng finansiële beheer word toegepas.

Ingevolge artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting is alle korporatiewe skenkings wat in Suid-Afrika gedoen word, aftrekbaar vir belasting. Die Durbanville Kinderhuis reik dus 'n jaarlikse belastingkwitansie uit aan elke persoon wat meer as R100 geskenk het. Suid-Afrikaanse donateurs kan die kwitansie insluit wanneer hulle hul belastingopgawes indien.