skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Huidige finansiële status

Die Durbanville Kinderhuis sorg vir 144 kinders. 'n Bedrag van R4 015 word per kind per maand benodig waarvan die regering net R1 700 subsidieer. Die Kinderhuis se bemarkingspan moet dus R4,3 miljoen insamel om te oorleef.

Hier volg 'n uiteensetting van die jaarlikse uitgawes:

Kos en klere

Dit sluit drie gebalanseerde maaltye per dag in en neem die voortdurende skenkings van kosprodukte in ag, waarvoor ons baie dankbaar is. Sonder hierdie skenkings sou die kosuitgawes baie hoër gewees het.

R959 000

Terapeutiese dienste

Hierdie bedrag is heeltemal onvoldoende en die behoefte is veel groter as waarin die Kinderhuis met sy beperkte fondse kan voorsien.

R512 000

 

Vervoer

Kinders by die Kinderhuis woon 26 verskillende skole by om behoorlik in hul individuele skoolbehoeftes te voorsien. Die instandhouding van voertuie, versekering, bestuurslisensies en bestuurspermitte is by hierdie bedrag ingereken.

R360 900

Elektrisiteit, water en administratiewe uitgawes

R760 660

Gesondheidsorgdienste

R300 000

Instandhouding van geboue, tuin, ens.

R473 000

Opvoedkundige en kulturele programme en aktiwiteite

R143 000

Verdere studie vir kinders

R90 000

Salarisse

Hierdie bedrag behels die salarisse van versorgers en bestuur.

R3 340 000

Totaal

R6 938 560

Inkomste van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling

R2 937 600

Tekort

R4 000 960

Tekort per kind per maand

R2 315