|
|
Al hoe meer maatskappye raak deesdae betrokke by liefdadigheidsorganisasies soos die Durbanville Kinderhuis in 'n poging om tot die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsagenda by te dra. So word die voortsetting van programme verseker waardeur minder bevoorregte kinders bemagtig word om na 'n beter toekoms te reik. Sakeondernemings, groot en klein, kan betrokke raak en die Durbanville Kinderhuis deel van hul programme vir maatskaplike verantwoordelikheid maak. PersoneelbydraesMaatskappye kan hul personeel uitdaag om 'n maandelikse skenking aan die Durbanville Kinderhuis te maak wat dan deur die bestuur geëwenaar of verbeter kan word. BlikkieprojekDie Durbanville Kinderhuis se blikkies met hul handelsmerk op kan in die verskillende departemente van 'n maatskappy versprei word om so kleingeld of departementele boetes in te samel. |
Goedere
Personeel kan onnodige klere en kinderspeelgoed skenk.
Direkte pos
'n Maatskappy kan sy kontakdatabasis aan die Durbanville Kinderhuis beskikbaar stel om eenmalig gebruik te word om 'n regstreekse beroep om skenkings te maak. Die brief waarin die beroep gedoen word, kan so opgestel word dat die maatskappy se kliënte van hul maatskaplike verantwoordelikheid om in die Kinderhuis te belê, bewus gemaak word.
Werk 'n dag lank by die Kinderhuis
'n Maatskappy se personeel kan die Durbanville Kinderhuis help deur 'n dag lank instandhoudings- en administratiewe take by die Kinderhuis te doen.
Erflatings en trusts
Pamflette oor erflatings aan die Durbanville Kinderhuis kan onder werknemers versprei word sodat hulle daarvan bewus raak.