skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Raak betrokke

Die meeste van die kinders by die Durbanville Kinderhuis kom uit uiters arm omstandighede, is haweloos of het nie hul eie gesinne nie. Die Kinderhuis kan dus nooit selfonderhoudend wees nie en sal altyd vir die finansiering van sy pogings op die ondersteuning van barmhartige individue en maatskappye moet staatmaak.

Lees gerus meer oor Durbanville Kinderhuis se finansiële status, finansiële beheer en eksterne ouditeure voor u 'n finansiële skenking maak. U kan ook meer leer oor hoe om 'n kind te borg, items, tyd of talent te skenk, of 'n fondsinsameling te reël. U kan ook 'n persoonlike erflating maak of u maatskappy se korporatief maatskaplike-betrokkenheid lei.

Alle vorme van ondersteuning word dankbaar aanvaar en opreg waardeer, en die Kinderhuis waarborg dat die 144 kinders in sy sorg regstreeks by alle items en geld wat geskenk word, baat.