skip to content
Subscribe to newsletter Borg 'n kind Jongste nuus Skenkings
Skenk items
 

Die Durbanville Kinderhuis het talle verskillende projekte aan die gang om items te ontvang en geld op uitgawes te bespaar. Kos, tweedehandse klere, meubels en toerusting word opreg waardeer. Die Kinderhuis se ontvangspersoneel sal jou graag help en die skenkings aanteken. Vul asseblief die registrasievorm in vir administratiewe doeleindes en sodat die Kinderhuis jou kan bedank.

Ontvangsure is soos volg:
•  Weeksdae: 07:00 – 19:00
•  Saterdag: 08:00 – 18:00
•  Sondag: 09:00 – 19:00

Dringendste behoeftes

Dit is te verstane dat sommige mense eerder items sal skenk om in die Kinderhuis se daaglikse behoeftes te voorsien as om 'n geldelike bydrae te maak. Die Durbanville Kinderhuis waardeer enige gebaar en wil mense dus aanmoedig om enige vorm van skenking te maak waarmee hulle gemaklik is.

Met hierdie doel voor oë het die Kinderhuis 'n lys van behoeftes opgestel wat elke maand bygewerk word. Dit verseker dat die items wat verlang word, in pas bly met die Kinderhuis se dringendste behoeftes, soos byvoorbeeld skooluniforms en skryfbehoeftes aan die begin van die skooljaar, pret-items gedurende skoolvakansies en truie en sokkies aan die begin van die winter.

Kliek hier om die jongste onlangse behoeftelys af te laai.

Huidige projekte

Toiletbenodigdhede-projek

Donateurs kan 'n bydrae tot die maandelikse behoeftes van 'n kind maak deur die toiletbenodigdhede-projek te ondersteun. Dit word deur vrywilligers gekoördineer en elke donateur skenk elke maand een kind se toiletbenodigdhede. Kliek hier om 'n kind se toiletbenodigdhede vir 'n maand te skenk.

Verjaardag-projek

Volgens hierdie projek wat deur vrywilligers gekoördineer word, ontvang elke kind 'n koek op sy/haar verjaardag. Kliek hier as jy bereid is om met hierdie projek te help.