Borg 'n kind

Borg 'n kind vandag en verander 'n lewe

Teen R100 of meer per maand, of selfs 'n eenmalige donasie, kan u die lewe van 'n kind verander.

Dit kos R4 000 per maand om 'n kind in ons sorg te huisves, te voed, te klee, te onderrig en te koester. U maandelikse bydrae sal help om die voortgesette siklus van misbruik en verwaarlosing te stop en voorkom dat die kind op straat eindig waar hy of sy aan dwelmmisbruik, bendegeweld, armoede en misdaad blootgestel sal wees. U gereelde borgskap sal 'n gereelde stroom van inkomste skep wat ons in staat sal stel om die Kinderhuis se aktiwiteite beter te beplan en uit te voer.

Op u beurt sal u met die kind wat u borg, kan korrespondeer, en nuusbriewe en gereelde terugvoering oor hom of haar ontvang. Maar veel meer bevredigend is die wete dat u 'n verskil in die lewe van 'n kind in nood maak, en dat u help om 'n beter samelewing in Suid-Afrika te bou.

Ons kort nog 34 donateurs vir ons kinders.

Nog inligting is beskikbaar by Jana Cilliers by +27 (0)21 975 6822 of e-pos marketing@durbanvillekinderhuis.org.za .

Kliek hier om te skenk.