Projekte 

 
Skoolverlaters
Projekbestuurder: Alicia van Vuuren
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: avanvuuren@durbanvillekinderhuis.org
Ongeveer tien kinders maak elke jaar klaar met skool en die Kinderhuis help hulle om hul CV’s op te stel, werk te kry en verder te studeer terwyl hulle ‘n nuwe lewe moet begin en huis opsit. U kan help met huisvesting, donasies van geld of hulpbronne, hulp met werkplasings of die voorsiening van lewensvaardighede.
 
Stapelbeddens
Projekbestuurder: Johanna Strauss
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: jstrauss@durbanvillekinderhuis.org.za

Op die oomblik het ons 12 huiseenhede op die perseel wat 11 tot 12 kinders per eenheid huisves. Sommige van die kamers huisves tot vyf kinders, wat dit baie moeilik maak om te studeer en in die kamer rond te beweeg. Die meeste van ons beddens moet vervang word aangesien die toestand daarvan aan die agteruitgang is. Ons doen ‘n beroep op die ondersteuning van maatskappye en individue om ons te help om bestaande beddens met stapelbeddens te vervang sodat ons so meer plek vir ons kinders in hul kamers te gee.

 
Vergroting van bestaande huise
Projekbestuurder: Johanna Strauss
Kontaknommer: 021 975 6822
E-posadres: jstrauss@durbanvillekinderhuis.org.za

Op die oomblik het ons 12 huiseenhede op die perseel wat 11 tot 12 kinders per eenheid huisves. Ons het ‘n leefkamer van 10 meter by 8 meter wat vir eet, huiswerk doen en TV kyk gebruik word terwyl dit ook as ‘n algemene bymekaarkomplek dien. Langs die leefkamer is daar ‘n stoep wat ons wil omskep om dit deel van die leefkamer te maak. Dit sal ‘n groter ruimte vir ons kinders skep waar hulle tyd saam kan deurbring en sal beslis hul huidige leeftoestande verbeter. Ons het maatskappye/individue nodig wat materiaal en diens kan verskaf.